Father: Fioravanti Walter MEANO (*5 Oct 1908 +3 Aug 1982)
Mother: Erna Rita Emma SCHOOF (*10 Sep 1912 +31 Dec 2002)

Eric Walter MEANO (*27 Aug 1943 +29 Mar 1999)

Wife 1 : Doris DAWBER

Children
  1. +Teresa MEANO (Private)
  2. +Vanessa MEANO (Private)
  3.  Anton MEANO (*18 Dec 1970 +29 Mar 1999)
Please email corrections or additions to Dale Schultz at
Personal details of people who may be living are NOT placed on the web
                                                          ______________________________________________
                            _Cherubino Felice MEANO _____|
                           |                             |______________________________________________
 _Fioravanti Walter MEANO _|
|                          |                              _August Friedrich Christian Johannes SCHULTZ _+
|                          |_Dorothea Anna Elsa SCHULTZ _|
|                                                        |_Helene Henriette KOCK _______________________+
|
|--Eric Walter MEANO 
|
|                                                         ______________________________________________
|                           _____________________________|
|                          |                             |______________________________________________
|_Erna Rita Emma SCHOOF ___|
                           |                              ______________________________________________
                           |_____________________________|
                                                         |______________________________________________

Complete list of names in tree

URL changed? Try Dale or Debbie's tree home site.

[3694]

[3694] from http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1999/03/30/1/11.html

Bestuurder gekonfronteer oor bedrog, toe skiet hy later ook homself Drie van familiesaak afgemaai

Doodgeskiet . . . Links: Mnr. Eric Meano (links) en sy seun, Anton. Die foto is geneem toe Anton as siviele ingenieur gegradueer het. Bo: Mnr. Reinhardt Meano. Mev. Lara Borland met die beursie wat in haar pa se sak was toe hy gisteroggend doodgeskiet is. Die koeël het die beursie deurboor. Polisiebeamptes staan op die toneel langs die Maleton-afrit op die N17 naby Boksburg waar mnr. Daniel Grobbelaar vermoedelik gister selfmoord gepleeg het.
Ermin Erasmus, Pieter van Zyl en Inge Kühne



Die dag as ek loop, sal ek hulle uitwis.''

Net meer as 'n week gelede het mev. Lara Borland (30) hierdie dreigement van die bestuurder van hul familie-onderneming in Boksburg afgemaak as

dronkpraatjies''.

Gister het die bestuurder, mnr. Daniel (Ronnie) Grobbelaar (42), haar pa, sy broer en dié se seun in 'n kantoor by hul ingenieursfirma afgemaai.

Mnr. Reinhardt Meano (62) het gisteroggend spesiaal vroeg werk toe gegaan om sy broer en mede-direkteur, mnr. Eric Meano (55), by te staan toe hulle Grobbelaar oor sy beweerde bedrog sou konfronteer.

Teen agtuur was hy dood. Eric en sy seun, Anton (28), het sterwend langs hom gelê.

Grobbelaar het hulle al drie geskiet voordat hy weggejaag en homself in die kop geskiet het.

Hy het van Walter Meano Engineering, die ingenieursfirma in Germiston waar hy twaalf jaar vir die Meano's gewerk het, na sy aanstaande skoonseun se woonstel in Farrarpark in Boksburg gery.

Hy het sy rooi Audi voor die woonstelgebou geparkeer, 500 m ver gestap en homself in die veld naby die Mapleton-afrit van die N17-hoofweg doodgeskiet.

Hy was moontlik onderweg na sy huis in Sunward Park toe hy besluit het om sy lewe te neem.

Verbygangers het gesien hoe Grobbelaar die sneller trek. Hulle het 'n polisiemotor voorgekeer wat toevallig daar verbygery het. Grobbelaar was reeds dood toe die polisie by hom aangekom het.

Volgens die Meano-gesin het die twee broers geruime tyd vermoed dat Grobbelaar geld by die onderneming gesteel het. Hulle het bewyse ingesamel en besluit om Grobbelaar gisteroggend daaroor te konfronteer.

Hulle het die feite aan hom gestel en hom gevra om die perseel te verlaat.

Geskokte werknemers het toegekyk hoe Grobbelaar 'n pistool uithaal en die drie familielede tromp-op skiet.

Die ouer Meano-broer is op slag dood aan 'n koeëlwond in die bors. Die pa en seun is onderskeidelik in die bors en kop gewond. Hulle is albei later gisteroggend in die hospitaal dood.

Walter Meano Engineering is deur Eric en Reinhardt se pa, Walter, begin.

Sy seuns en hul suster, Walda, het die onderneming later by hom oorgeneem.

Dit was 'n klein onderneming met net 24 werknemers.

Gistermiddag was die sakeperseel op die hoek van Aquila- en Orionstraat verlate.

'n Vriendin van Grobbelaar wat hom niksvermoedend daar wou kom besoek, het huilend op haar motor geleun nadat werkers van die omliggende fabrieke haar oor sy dood ingelig het.

Mev. Gloria Baker, wat die afgelope 27 jaar as klerk vir die Meano's gewerk het, het gesê sy is bekommerd oor die toekoms van die onderneming noudat twee van sy direkteure dood is.



Dit was nie net 'n goeie sakeonderneming nie. Dit was die naaste aan 'n familie wat 'n mens in jou werkplek kan hê,'' het sy huilend gesê.



Ek het nooit gedink dat Ronnie sou knak nie en dat hy so gekwel was dat hy drie ander mense ook saam na die graf sou neem nie.''

'n Kennis van Grobbelaar het gesê hy was 'n

baie gawe ou'' wat baie hulpvaardig was.

'n Ry motors was gister geparkeer voor Grobbelaar se deftige huis in Sunward Park. Sy familie het geweier om met Beeld te praat.

Hy word oorleef deur sy vrou, Adri, en twee kinders.

[3692] [S148] Ernst Schultz in letter

[3693] [S159] email from Walda